Coach Kobie Louw

Kobie Louw produced some of the best swimmers in the Vaal Triangle and OFS during the 1960's and 70's - including Jannie Horn, Pietie Horn, Esme Oosthuizen, Sharon Poole, Frank Myburgh, Didi van der Walt, Gina van der Merwe


Coach Kobie Louw with the 1979 Vaal Triangle swimming Team - with coach Rudie Spoor (right) Springboks Esme Oosthuizen and Dougie Eager (front), Sharon Poole, Jocelyn Reitz, Jacques Marais, Jannie Horn, Terrence Kelley, and including, Graham du Toit, Vera Parsons, Bill Parsons, Garth Parsons, Hugo Lemmer, Sylvia de Graaf and Carola van Dam - tallest girl in the middle row.

‘n Sport Legende Sterf

May 8, 2012

Oom Kobie, of soos die swemmers en atlete hom genoem he,t “Coach” is op die ouderdom van 84 oorlede, 4 Mei 2012 op Sasolburg.

Hy was n baie goeie sportman in sy jeug en het reeds in sy matriek jaar vir VanRhynsdorp se dorp se eerste Rugby span gespeel.

Hy is toe Stellenbosch toe om Jokkel te swot. Jokkel is die bynaam vir die graad BSc in Liggaamsopvoeding maar aan die einde van sy eerste jaar breek hy vir die tweede keer sy enkel en besluit toe om Polisie toe te gaan waar hy onmiddelik opgeneem word as LO Instrukteur en met die rang van Sersant maak hy vir hom naam as n goeie rugby senter, uitnemende gimnas en 440 hekkies atleet.

Hy rig vir Daan bekker, en Eddie Ludick (Die bekende Willie Ludick se broer) af in boks wat by die “Common Wealth Games” medaljes verower het, asook Willie Welgemoed as Olimpiese Duikplank spanlid in dieselfde tyd. Na vier jaar van rekrute fiks maak, 1950 aanvaar hy die pos in sport en ontspanning by VESCO wat dan later Vanderbijlpark stadsraad geword het. In 1976 verhuis hy na Sasolburg.

Hy rig vir jare die Vanderbijlpark Rugby klub sowel as die ou Iscor rugby klub en later die Sasolburg Rugby klubs af. Sommer so saam met die afrigting speel hy ook nog rugby. Hy verteenwoordig die ou Transvaal sub-unie rugby span in 1953, 1954 en 1955. Intussen verteenwoordig hy ook die ou Transvaal in stoei en toer na die destydse Rhodesia waar hy n goue medalje in die middel gewig behaal. Op 52 jarige ouderdom breek hy sy elmboog want hy wou net gou instaan vir n senter wat nie vir die derde span opgedaag het nie.

Hier word hy genoodsaak om swem af te rig maar die arme man het in stof grootgeword in die Riemland. Tog begin hy die Dolfyne swemklub op Vanderbijlpark en nie lank nie word die klub sterk genoeg om in die eerste liga van die ou Transvaal te swem. Deur die jare het hy meer as 15000 kinders leer swem en het hom later meer toegespits op die provinsiale en nasionale swemmers en 18 Springbok swemmers het onder sy leiding internasionaal deelgeneem. Hy het twee Springbok Kanovaarders afgerig sowel as 3 twee kamp atlete tot Springbokke afgerig. Hy spog tot met twee onderwater hokkie Springbokke en een Vyfkamp Springbok

Oor die tydperk verwerf oom Kobie self Springbok Kleure as die afrigter van die Nasionale span na die VSA sowel as die destydse besoekende Rhodesia span. Coach Kobie Louw was baie bekend onder al die swemmers as 'n uitmuntende motiveerder en al ons nuwe swemhelde soos Ryk Neetling, Penny Heyns en selfs die prinses van Monaco is goed bewus van sy oordeel en oog vir talent.

Hy word president van die Suid Afrikaanse swem afrigetrs Vereeniging vir drie jaar en word ook bekroon met die Presidensiele sport meriete toekenning vir swem.

Daar is so baie staaltjies oor Coach Kobie dat hierdie blog saamgestel is asook ‘n reeds gevestigde “You Tube” joernaal (tik net Kobie Louw by YouTube search in of kliek op die link http://www.youtube.com/watch?v=Vp0lZRM9OA0 ). Voel vry om jul staaltjies en stories oor Coach Kobie Louw op die Blog te Post.

Kobie Louw laat sy vrou Eleanor, drie kinders (Deon 59, Tinus 56 en Karen 53) na. Daar is ook tien klein kinders en 2 agter kleinkinders.

Die roudiens word gehou op Vrydag 11 Mei 2012, om 12H00  in die Vier Ankers Kerk op Sasolburg