Suid Afrikaanse Universiteite swemtoernooi - Desember 1990
Stellenbosch baas in SAU-swemtoernooi
Stellenbosch het die Jubileebeker by die afgelope SAU-swemgala in die Stadion-bad in Bloemfontein verower. Die Maties het in die swembad 33 medaljes gewen, wat 13 goue medaljes ingesluit het. Hulle het ook met die hoogste louere op die duikplank weggestap en in die waterpolobad was hulle saam met die Ikeys tweede ná die Natalse Universiteit (Durban).
Ses SAU-swemrekords het in die slag gebly en een is geëwenaar. Natasha Figge (Wits) se drie titels in die 100-, 200- en 800-vryslag is die meeste deur enige swemmer by dié kampioenskapsbyeenkoms. Sewe swemmers - Heather Price (Wits), Petro Nortjé (Maties), Hannelie Vermeulen (Kovsies), Avril Vides (Rhodes), Stephen Haupt (Wits), Jeanine Steenkamp (Kovsies) en Paul de Roubaix (Maties) - het elk twee titels gewen. Die nuwe rekords is (ou rekordhouers en -tye word tussen hakies gegee): Nicky Goldin, 27,76 in die 50-vryslag (Goldin, 27,76, 1989); Heather Price, 2:45,99 in die 200 borsslag (Dorothea Neumeister, 2:49,43, 1981); Wits, 4:18,98 in die 400 vryslagaflos vir vroue (US, 4:20,27, 1983) en 4:48,13 in die 400 wisselslagaflos vir mans (Tukkies, 4:16,20, 1978, wat die oudste SAU-rekord was); Stellenbosch, 3:46,46 in die 400 wisselslagaflos vir mans (Tukkies, 4:46,53). Hannelie Vermeulen (UOVS) het Rosalie Wicht (Natal, 1982), Springbok en gewese SA kampioen en -rekordhouer, se rekord van 30,39 sek. in die 50 vlinderslag geëwenaar. Die Maties het 13 goue medaljes, 9 silwer- en 11 bronsmedaljes ingepalm, gevolg deur Wits (13-7-6), Kovsies (4-6-6), Tukkies (1-3-5), Rhodes (2-3-2), Ikeys (0-2-2) en Natal (0-0-1).
Die volgende SAU-watersportspanne is gekies:
SWEM:
VROUE: Nicky Goldin (Wits), Petro Nortjé (US), Heather Price (Wits), Hannelie Vermeulen (UOVS), Natashe Figge (Wits), Jeanine Steenkamp (UOVS), Frauke Bicking (US), Nicky Kirsten (US), Bronwyn Bezuidenhout (Wits);
MANS: Laurie Tiltman (Rhodes), Alan Ford (Wits), Gary Coetzee (Wits), Martin Swan (US), Carl Laubscher (US), Barend Nortjé (US), Avril Vides (Rhodes), Len Kreel (UK), Francois en Johan Boshoff (UP), Vaughan Collie (UK), Herman Nienaber (UP), Paul de Roubaix (US). Besturuder/afrigter: Mev. Santa van Jaarsveld (US).
WATERPOLO: A-span: Cameron Baylis (Durban), Anton Botha (UK - hy is as die Beste Waterpolospeler op die SAU-toernooi aangewys), Stanley Bellikof (UK), Darren Coetzee (Durban), Dave Axten (UPE), André Hugo (UK), Guy Motram (Durban, kapt.), Hayden Motram (Durban), Ashley Kantor (UK), Anthony Pearce (US), Dave Sabor (US), Warren Smith (Pietermaritzburg), Patrick van Schoor (US). Bestuurder/afrigter: Andrew Shedlock (Durban).
B-span: Darryl Coetzee (UOVS), Mike Beamish (Durban), DigbyGlover (Wits), Tim Jacobs (Rhodes, k), Dave Commins (Durban), Peter Ethelston (Durban), Gareth Tyler (Rhodes), André McDonald (UK), Graham Taylor (Pietermaritzburg), Craig Torr (UPE - hy is as die Belowendste Waterpolospeler op die SAU-toernooi aangewys), Mark Parker (US), Jan Venter (UOVS), Wayne Williams (UOVS). Bestuurder/afrigter: Hugh Farrell (Pietermaritzburg).
Bekerwenners:
Ferguson beker (mans): Stellenbosch (498), Pretoria (323), Wits (265), Rhodes (207), Vrystaat (205), Kaapstad (150), Natal (112).
Saint beker (vroue): Wits (458), Stellenbosch (439), Vrystaat (355), Pretoria (233), Natal (116), Kaapstad (96), Rhodes (43).
Roberts beker (algehele spantotaal): Stellenbosch (937), Wits (723),Vrystaat (560), Pretoria (556), Rhodes (250), Kaapstad (246), Natal (228).
Honikman beker (beste prestasie in die swembad): Nicky Goldin (Wits - 50-vryslag - SAU-rekord van 27,66 sek.).
Frikkie van Rensburg - Bloemfontein