Skip to main content

Arthur Nathan Pool- Bloemfontein

Arthur Nathan swimming pool. The roof was removed to be erected over the old Market building.

The Arthur Nathan Swimming Pool in Bloemfontein was opened in 1907. It was initially known as the Fairview pool, but in 1967 it was renamed to honour the former swimmer and coach Arthur Nathan. It was a true product of imported British culture, as the whole pool was covered by a steel roof structure imported from England, at great cost.

The facility was built as a profit-centre for the Bloemfontein Corporation (British for Municipality), but few residents even knew it was open in winter. By 1925 the roof had been removed and re-purposed as a cover for the local produce market. In 1927 a local Dominee objected to mixed (male and females) swimming, and swimming on Sundays. See article below.

Arthur Nathan-swembad ’n eeu oud

Dr. Hannes Haasbroek, Nasionale Museum, Bloemfontein

https://www.researchgate.net/publication/272331383_Die_Swembadgeskiedenis_Van_Bloemfontein 

Abstract

The history of swimming baths in Bloemfontein: After Bloemfontein was established in 1846, the spruit (later known as Bloemspruit), which runs through the town and the dams which formed in it were the swimming pools of the inhabitants. In the mid-1860s, a very large dam was built south of the town, which was used for many years for bathing, washing and as an outspan. At the beginning of the 1890s, Bloemfontein experienced a radical change when not only were two noteworthy mentioning dams built, but also the first actual swimming bath, which was privately owned. Bathing costumes hardly existed at that stage, but with time they developed into fashion items. The huge development Bloemfontein experienced after the Anglo-Boer War (1899-1902) forced the Town Council to build the first municipal or public swimming bath, which was opened in 1907. Initially, it was enclosed under a roof imported from England. At that stage, mixed bathing was not allowed, and for several years was a heated point of debate until the Town Council finally approved of it in general in 1913. At a later stage this swimming bath was named after the well-known swimming coach Arthur Nathan.


OP 7 Oktober 2007 is dit presies 100 jaar gelede wat die bekende Arthur Nathan-swembad, die eerste munisipale swembad van die stad, in Bloemfontein geopen het. Voor dié gebeure het ’n private swembad, wat in 1892 op die hoek van Douglas- en Gordonstraat tot stand gekom het, die inwoners bedien. Vir jare lank was die Arthur Nathan-swembad die bron van lafenis en ontspanning in Bloemfontein. In 1933 is ’n groot ontspanningsentrum vir die stad by Maselspoort ontwikkel waar nog ’n swembad, vermoedelik die grootste swembad suid van die ewenaar, gebou is.

Eers sowat 33 jaar later, in 1966, is die pragtige Stadion-swembad met sy Olimpiese standaarde deur die munisipaliteit in Parkweg geopen. Die bou van die Arthur Nathan-swembad, wat in 1995 tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar is en vandag nog ’n sieraad in Bloemfontein is en benut word, is in 1905 deur die stadsraad goedgekeur. Dit was allerweë duidelik dat die projek groot erns by die raad geniet het en voorkeur is bo ander belangrike openbare werke daaraan gegee. Maar ’n taamlike warm gesprek het die finale goedkeuring voorafgegaan.

Vir eers het die raad besluit dat ’n kompetisie vir die beste swembadontwerp uitgeskryf sou word met ’n prysgeld van £100. Nadat die stadsingenieur, mnr. H.F. Peet, aangebied het om die swembad te ontwerp, het burgemeester W.S. Reid op eie verantwoordelikheid goedkeuring aan hom verleen om daarmee voort te gaan. Die Peet-ontwerp het voor die openbare gesondheidskomitee gedien wat dit na die stadsraad vir finale goedkeuring verwys het. Etlike raadslede was ontstig omdat die burgemeester hom die reg toegeëien het om ’n amptelike besluit te systap. Gemoedere het gekalmeer nadat die burgemeester op die kostebesparing gewys het indien die Peet-ontwerp goedgekeur word, wat toe gebeur het. Onder gelag is opgemerk dat die stadsingenieur gewoonlik nie toeganklik is weens sy groot werkslas nie, maar nou het hy skielik die tyd om hom met swembadplanne te bemoei.

Die swembad is aan die bopunt van Wes-Burgerstraat in Fairview teen ’n koste van nagenoeg £7 050 opgerig. Bouwerk het op 14 September 1906 begin, maar Rochelle & Smith, die kontrakteurs, het in gebreke gebly om met die werk voort te gaan. Op 22 April 1907 het Beckett-boukontrakteurs oorgeneem. Al die houtwerk is in Bloemfontein deur werkloses verrig om hulle sodoende tegemoet te kom. Reeds op 19 Desember 1906 het burgemeester Wolff Ehrlich die hoeksteen in die teenwoordigheid van raadslede, hoë munisipale amptenare en slegs ’n redelike opkoms van die publiek gelê. Met voltooiing was dit ’n oordekte en toe bad.

Die dak en wande van ysterplate is van Engeland ingevoer en die konstruksie is teen groot koste geïnstalleer. Die dak het lang stroke deurskynende glaspanele bevat. Die konstruksie het in effek ’n binnenshuise atmosfeer gevorm. Die dakkonstruksie van die swembad is blykbaar eers teen die middel van die 1920’s verwyder en later op die Ou Markgebou in die stad opgerig. Die oordekte swembad was vir lank ’n omstrede besprekingspunt omdat dit die Vrystaat se wisselende natuurelemente kon afweer en heel jaar oop kon wees, maar vanselfsprekend nie juis gebruikersvriendelik nie. Baaiers was immers van die son en buitelug verstoke.

Die swembad is op 7 Oktober 1907 deur burgemeester C.L. Botha te midde van ’n groot skare belangstellendes geopen. Onder luide toejuiging het hy trots opgemerk dat die swembad as die grootste in die land gereken kon word en dat daar min in Engeland bestaan wat dit kon ewenaar (later is selfs deur swem-geesdriftiges oordrewe gespog dat benewens San Francisco dit die grootste in die wêreld is). Elke pennie wat op die projek bestee is, was die moeite werd om die uitmuntende ontspanningsgeriewe vir die inwoners tot stand te laat kom, het die burgemeester gesê. Toe hy afsluit, het menige jubelende jong seuns ingeduik, gevolg deur raadslid W. Lambon, die voorsitter van die openbarewerke-komitee.

Aangesien die saamswem van mans en vroue in daardie jare nie toegelaat is nie, is sekere tye vir die twee geslagte gereël. Aanvanklik is Maandag- en Donderdagmiddag en Saterdagoggend vir vroue opsygesit. Op 13 Februarie 1908 het Bloemfontein sy eerste swemgala beleef wat deur die Bloemfontein Amateur Swimming Association aangebied is. Nieteenstaande ’n opvallende gebrek aan spasie in die geslote ruimte om ’n groot aantal toeskouers te huisves, beperkte en onvoldoende geriewe vir die pers wat in die donker ’n poging moes aanwend om hulle berigte te skryf en tydhouers wat verskillende tye vir die deelnemers opgee wat groot verwarring veroorsaak het, was dit ’n genoeglike aand vir die sowat 800 ondersteuners.

Ofskoon die swembad gebou is sonder die oog op winsbejag, was die stadsraad oortuig dat die onderneming ’n geldelike sukses sou wees. Maar nadat die bad meer as ’n jaar in bedryf was, het dit geblyk allermins die geval te wees. Meningvormers het gebrom dat die swembad in ’n wit olifant ontaard. Min inwoners was daarvan bewus dat die onderdakswembad die heel jaar oop was en het hulle derhalwe in die wintermaande onttrek, is onder meer aangevoer.

Maar heelwat inwoners en sommige stadsraadslede was van oordeel dat die swak aftrek wat die swembad kry en gepaardgaande gebrek aan inkomste vir die munisipaliteit grootliks te wyte was aan die verbod op die saamswem van mans en vroue. Daar is uitdruklik op gewys dat hierdie reëling oor gemengde baaiery in huishoudings groot beslommernis veroorsaak, want veral getroude pare en gesinne wil tog graag saam ontspan of uitstappies onderneem, om nie eers van ongetroude paartjies te praat nie. Dit sou meebring dat vir die volgende paar jaar ’n verwoede debat in die raad én in die openbaar oor die aangeleentheid geheers het met eng sedebewakers aan die een kant en die pragmatiste aan die ander kant.

Eers in 1913 is gemengde baaiery onder streng maatreëls toegelaat. Vandag klink dit lagwekkend, maar een van die reëls het bepaal dat mans en vroue slegs aan dié kant van die swembad mag uiklim waar hulle onderskeie aantrekhokkies geleë is. Hierdie swembad het vir lank slegs as die munisipale swembad of openbare swembad bekend gestaan.

In 1967 is dit die Arthur Nathan-swembad gedoop. Sedert 1919 het Arthur Nathan, seun van Lionel Nathan wat in ’n stadium burgemeester van Bloemfontein was, groot opgang in die Vrystaatse en Noord-Kaapse swemwêreld gemaak. Hy het as afrigter, skeidsregter en hoofbeoordelaar ’n groot naam in swemkringe geword en was grootliks verantwoordelik vir die hoë swemstandaard wat in Bloemfontein gehandhaaf is. Aanvanklik is deur betrokkenes probeer om die nuwe Stadion-swembad dié naam te gee. Toe hulle nie daarin kon slaag nie, het die stadsraad goedgunstelik ingewillig dat die Fairview-swembad voortaan as die Arthur Nathan-swembad bekend kon staan ter herdenking aan wat hy alles vir swem beteken het.

The facility was abandoned by the Bloemfontein municipality around 2013, becoming a derelict facility occupied by squatters. The municipality voted/decided to spend R60 million to renovate the pool in 2022, but that has not yet been delivered. At least ten million rand was spent on 'consultants' in this regard.

In 2024, some concerned citizens from local businesses and charities started cleaning the site. 

Arthur Nathan Swimming Pool in Bloemfontein to be restored

25 September, 2015

SMEC’s Bloemfontein office is faced with the challenging task of restoring the Arthur Nathan Swimming Pool, built in 1906 and closed since the 1990s, to its former glory.

The pool complex is located on the northern end of Wes Burger Street, at the intersection with Unie Laan, in Bloemfontein. It was closed officially in the late 1990s and has been standing empty ever since. Previous work included a few structural modifications to the pool structure and upgrading the filtration system.

The entire complex has received national historical accreditation, which means that any building upgrades have to be vetted by the South African Heritage Resources Agency. In addition, any work has to be overseen by the Free State Heritage Agency.

Smiley Marais, Function Manager: Urban Development at SMEC South Africa, comments that a major challenge posed by the project is that the new work must both match and complement the existing structures and finishes, in accordance with the local heritage standards and regulations.

Marais adds that SMEC South Africa is well-versed with this kind of work, as it was responsible for upgrading the Eye of Kuruman natural spring in Kuruman in the Northern Cape, which was declared a national heritage site in 1992. This is the largest known natural spring in the Southern Hemisphere.

“Not only do we have a good relationship with our client, the Mangaung Metro Municipality, but we have completed several previous successful pool upgrades. We can also deliver to our client’s exact requirements,” Marais comments.

This flagship refurbishment project involves upgrading the main entrance building. In addition, the design of a canopy on the northern side of the pool must echo the design of the existing main building on the southern side.

Another important aspect of the project is the upgrade of the pool’s filtration system and attendant pipework. “The client requires the pool to have a rim-flow system to allow for the return water to flow back to the filtration plant,” Marais elaborates.

This will require major alterations to the existing pool edge, as well as substantial pipework to and from the filtration plant. While the existing eight sand filters can be reused, the two pumps need to be replaced. The municipal water supply line will also have to be upgraded, as all of the current valves are unusable.

While the pool itself needs to be upgraded extensively so that it can be returned to use by the public, and particularly for coaching activities, it is vital that most of the existing buildings be preserved. Therefore the kiosk and surrounding pergolas are all being retained. However, the existing ‘baby pool’ needs to be upgraded, including the installation of a new filtration system.